Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Vragmotorkaping" deur CHARL DURAND
"Vragmotorkaping" deur CHARL DURAND [boodskap #53781] Wo, 21 November 2001 14:17
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

VRAGMOTORKAPING
Charl Durand

welkom in my hemel, broer,
ek hoor jy's nog jonk, ja
ongevalle vra g'n velkleur of volk
welkom in die scrapyard van wonderwerke
kyk maar rond

waar was my engel
toe ek struikel langs die N1
wie't die sneller getrek
wat my rugwerwels spleet

want daar was niemand om te skree spring
toe die koeël kom
nou lê ek hier langs jou, broer,
'n skilpad omgekeer op sy dop

waarom praat god so lank
op sy selfoon
wanneer gaan hy verduidelik
wie wen,
en wie verloor

want vrydag was ek nog 'n drywer
van 'n international met 'n vrag op
nou sien jy my langs jou lê, broer,
'n skilpad omgekeer op sy dop

nou-nou kom die nurse met die naald
en my vrou
-- die baas 't haar opgevlieg uit die kaap
Maar ek is nie hier nie
ek tel die sterre wat opkom
want 'n man moet iets kry om te doen, broer,
as jy 'n skilpad is, vir altyd omgekeer op jou dop.
Vorige onderwerp: "om die hoek" deur CHARL DURAND
Volgende onderwerp: Uit "Gebed om die Gebeente" deur D.J. OPPERMAN
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 03 22:05:28 MGT 2024